Tom Cotton

Tom Cotton
Tom Cotton
Ampsbekleër
Termynaanvang
3 Januarie 2015
Voorafgegaan deur Mark Pryor
Voorafgegaan deur Mike Ross
Opgevolg deur Bruce Westerman

Persoonlike besonderhede
Gebore Thomas Bryant Cotton
13 Mei 1977 (1977-05-13)
Dardanelle, Arkansas, VSA
Politieke party Republikeins
Kind(ers) 2
Diens/Tak Amerikaanse Leër

Thomas Bryant Cotton (13 Mei 1977) is 'n Amerikaanse politikus, militêre veteraan en prokureur wat sedert 2015 dien as die junior senator vir Arkansas. Hy is 'n lid van die Republikeine en het van 2013 tot 2015 in die Huis van Verteenwoordigers van die Verenigde State gedien. Cotton is 'n oorlogsveteraan van die sogenaamde oorlog op Terreur.

Cotton dien sedert 2005 as offisier in die Amerikaanse Leër, waar hy gevorder het to die rang van kaptein. Sy militêre diens sluit deelname aan die Afghaanse en Irakse veldtogte in waar die Brons Ster en Gevegsinfanterie wapen aan hom toegeken is. Hy is in 2012 verkies as die Verteenwoordiger vir Arkansas se 4de kongressionele distrik, en op 37-jarige ouderdom na die V.S.A. Senaat in 2014, nadat hy die twee-termyn Demokratiese ingesetene Mark Pryor verslaan het.

In Junie 2020 het die bestuur van die New York Times een van hul redakteurs afgedank omdat hy senator Tom Cotton se rubriek geplaas het waarin hy argumenteer dat Amerikaanse troepe, indien nodig, gebruik moet word om gewelddadige onluste te stuit. Dit het na die tyd geblyk dat 'n groot meerderheid Amerikaners met die senator saamstem.[1]

Senator Cotton was krities oor hoofregter John Roberts van die hooggeregshof van die Verenigde State (wat die uitspraak vir die meerderheid geskryf het), nadat die hof die Trump-administrasie se poging om die uitgestelde-aksie-vir kinderaankomings-program (DACA) te beëindig verwerp het. Hy het gesê dat hy (Roberts) daaraan moet dink om vir 'n politieke amp aansoek te doen.[2]

  1. https://www.foxnews.com/opinion/left-silences-silent-majority-watch-november-liz-peek Opgespoor en besoek op 15 Junie 2020
  2. https://townhall.com/tipsheet/leahbarkoukis/2020/06/19/cotton-holds-nothing-back-in-criticism-of-roberts-in-daca-decision-n2570939 Opgespoor en besoek op 19 Junie 2020, Aanhaling (Sen. Cotton): “It cannot be the law that what Barack Obama has unlawfully done, no president may undo, yet John Roberts again postures as a Solomon who will save our institutions from political controversy and accountability.”

Developed by StudentB